0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (8)
  • R100 - R250 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments

Dis Effens Gekompliseerd (Paperback): Dina Botha Dis Effens Gekompliseerd (Paperback)
Dina Botha
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Wat doen ’n meisie wanneer sy haar verlowing verbreek en op dieselfde dag haar in ’n uiters aantreklike skrywer vasloop? Een wat haar uit die staanspoor van haar eks verloofde laat vergeet. Dis die dilemma waarin Miaan Swiegers haar bevind.

Alex Combrinck is boonop die ridderlike tipe en red haar uit ’n ongemaklike situasie. Eintlik meer as een keer. Hy nooi haar na sy ouers se hotel vir die kerstyd en teen haar beterwete stem sy in. Miaan durf egter nie vir die aantreklike Alex val nie, want sy het ’n verlede. Met drie verbreekte verlowings op haar kerfstok kan sy onmoontlik nie goeie trou materiaal wees nie. Sy erken dit ook prontuit. Wat haar betref hou die liefde nie vir altyd nie.

Sy waarsku Alex om nié op haar verlief te raak nie. Sy gaan dalk net sy hart breek. Of hy gaan luister is egter ’n ander saak.

'n Warrelwind (Afrikaans, Paperback): Dina Botha 'n Warrelwind (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra of haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op.

Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Sy sleep hom saam winkels toe sodat hy haar Kersfeesaankope kan dra, help geskenke toedraai en selfs dat om in die kombuis help. Louis is boonop 'n regte ou knorpot en hou haar op 'n afstand, maar ten spyte daarvan kan sy hom net nie uit haar gedagtes kry nie. Daar is egter net een probleem: Louis woon in die Kaap en is met sy werk getroud.

Daar is nie plek vir 'n vrou in sy besige lewe nie. Op haar beurt glo Lillian nie in langafstandverhoudings nie. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.

Dit Le Die Wereld Vol (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Dit Le Die Wereld Vol (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Sosiale vlinder en beïnvloeder, Demi-Leigh Henkel, is gewoond om aandag te trek. Toe ’n uiters aantreklike vreemdeling op ’n vlug nie eens in haar rigting kyk nie, vererg sy haar vir hom. Sy neem ’n selfie van haar en die slapende man en plaas dit op haar sosiale platform met ’n katterige aanmerking daarby.

Dokter Paul Krynauw spoor haar op en noem haar ’n sosiale verpesting wat mense se lewens verwoes. Sy besluit om twee weke by sy kliniek deur te bring met die idee om nie net die befoeterde dokter se persoonlike lewe te verander nie, maar ook sy persoonlikheid.

Min weet Demi-Leigh dat Paul haar lewe op sy kop gaan draai en haar hart in sy hande gaan hou.

Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Mariette en Hannes was mekaar se skoolliefdes.Twaalf jaar later kruis hul paaie weer. Nou is hy Hank Grey, die bekende Hollywoodster, en sy bestuur ’n agentskap wat lyfwagte en beskerming aan BBP’s bied.

Kort voor lank begin die vlamme van hul vergete liefde brand.

Hand Aan Hand (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Hand Aan Hand (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) In Stock

Beeldskone Elzibi Nel, eks eerste prinses in ’n Mejuffrou Suid-Afrika kompetisie, het absoluut geen gemis in haar lewe nie. Sy is heeltemal gelukkig met haar vriende en haar gimnasium wat sy van haar huis af bedryf. Tot dokter Luca Cronje en sy twee seuntjies langs haar intrek. Haar hart klop dadelik vinniger, maar dis nie vir die aantreklike en arrogante pa nie, maar vir die twee seuntjies wat sonder ’n ma grootword. Opinies verander. Skielik is daar ’n gemis. ’n Leemte. Sy wens die kinders was hare. Dit raak erger toe Luca haar soen. Dit gaan nie meer oor die hondjie nie, maar oor die halsbandjie. Om Luca te besit is egter ’n onmoontlike droom, want haar beste vriendin het ook gevoelens vir Luca. Kies sy jare lange vriendskap of kies sy liefde?

'n Skandalige Soen (Afrikaans, Paperback): Dina Botha 'n Skandalige Soen (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Pre-order

Mary, oftewel Prinses Marié Elizabeth van Habsburg, staan op trou met Prins Octavius van die prinsdom van Kyburg. Hy is egter ver van haar ideale man: Oorlogsugtig en wreed.

Dan daag die aantreklike skeepskaptein Francis le Cluc met ’n belangrike brief vir haar op. Met die lag in sy oë laat hy dadelik haar hart vinniger klop. Daar mag egter niks tussen hulle wees nie.

Sal Mary van Francis se betowerende soene kan vergeet? Gaan sy plig, eer en haar familie se goeie naam eerste plaas? En wat gaan Francis kies: Die bloedband met sy broer of sy liefde vir Mary?

My Alles Vir Jou (Paperback): Dina Botha My Alles Vir Jou (Paperback)
Dina Botha
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Mirre het een droom: Om as sanger in die Silver Sun Arena op te tree. Dis te sê as die befoeterde en arrogante eienaar van die arena, Eric Saunders, haar net ’n kans sal gee. Na ‘n geslaagde oudisie kry sy uiteindelik die opening optrede vir ‘n bekende oorsese musiekgroep.

Eric is nie voorbereid op Mirre nie. Hy verloor sy hart op haar en dis duidelik dat sy dieselfde teenoor hom voel. Maar hoekom skram sy weg as daar oor ‘n toekoms saam gepraat word?

Wat Eric nie weet nie, is dat Mirre aan ’n ongeneeslike niersiekte ly. Net ’n nieroorplanting kan haar lewe red. Sy worstel met ‘n besluit wat geneem moet word: Leef sy net een keer en gun haarself die oomblik van geluk? Of stuur sy vir Eric weg?

'n Skandalige Aanbod (Afrikaans, Paperback): Dina Botha 'n Skandalige Aanbod (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Beeldskone Cassie Kent, alias Prinses Casandra van Habsburg en haar suster Mary bevind hulle in vreemde waters. Sonder ’n heenkome, geld of familie om hulle in ’n vreemde land te beskerm moet hulle noodgedwonge onder die dekmantel van kamermeisies werk.

Cassie ontmoet Graaf Alister Wyndham, maar dis onmoontlik om ’n nederige en onderdanige houding teenoor die jonk en aantreklike graaf in te neem. Haar parmantigheid fassineer hom en hy bied haar ’n beter pos aan. Cassie raak suspisieus. Alister gee haar aandag, bederf haar en soen haar. Hy doen alles wat ontoelaatbaar tussen ’n diensmeisie en ’n adellike is. Wil hy met haar trou? Die antwoord is nee, hy beplan om haar sy minnares te maak.

Ontwakende Passie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Dina Botha Ontwakende Passie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Dina Botha
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) In Stock

Celestine de Peronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies, mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom van om eendag die eienares van Lavoisier, die familieplaas, te wees.

Sy bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en maak wyn. Haar pa stel ’n aantreklike en sjarmante Fransman, Argonne de Lattre, as stalmeester aan, maar hy verkies meisies soos haar susters.

Hy is die eerste man wat haar soen; haar kop laat duisel. Hy vra haar om te kies; dis of hy of Lavoisier, en dis die moeilikste besluit van haar lewe.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Fine Living E-Table (Black | White)
 (7)
R319 R199 Discovery Miles 1 990
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Lucky Metal Cut Throat Razer Carrier
R30 Discovery Miles 300
Elastoplus Elastic Adhesive Bandage…
R70 Discovery Miles 700
Derivan Matisse Structure Acrylic Paint…
R444 R219 Discovery Miles 2 190
Bostik Glu Dots - Extra Strength (64…
R48 Discovery Miles 480
Beautiful Trauma
Pink CD  (3)
R133 Discovery Miles 1 330
Afritrail Cabo Beach Shelter
 (30)
R329 R219 Discovery Miles 2 190
Sudocrem Skin & Baby Care Barrier Cream…
R70 Discovery Miles 700
Peptine Pro Canine/Feline Hydrolysed…
R369 R299 Discovery Miles 2 990

 

Partners